I am publishing these on my WordPress blog. It is written in Afrikaans, my language. Just maybe some Afrikaans speaking folks see it and enjoy it. I enjoyed writing these immensely, and they will be part of my collection.

Vroumens:
Ons manne word vreeslik styf
vir daai lekker in die vrou se lyf.
Maar die kak wat leef in die kop
fok maar alles eventueel op!

Na die eerste jaar van heerlik paar
dan drink ons manne maar,
en lieg lekker in die bar vir mekaar
dat ons nog baas is oor haar!

Na ‘n handvol kindertjies
pas die ring nie meer die vingertjies,
en die kak vloei van die kop
na die lyf en die lekker los op.

Om getroud te wees is maar partykeer ‘n vreeslike fokop!
Gooi maar nog ‘n dop daar swaer
dan smaak my lewe nie so naar
en miskien kry ek ‘n kans met ‘n lekker los floskop.


Dronknes:
Elke Vrydag aand in Pretoria Wes
kom die manne bymekaar vir ‘n lekker dronknes.
Hulle het hard gewerk van Maandag tot nou
en is glad nie lus vir gemeenskap met die vrou.

Hier geniet hulle bier, brandewyn, pap, vleis en sous
en praat lekker kak soos ‘n gladdebek smous.
Elke moeg en gebruikte man probeer hard en erg
om sy maats te oortuig dat alles is nog reg.

Hulle almal verstaan maar al te goed
dat ‘n gerëelde dronknes is gesond vir die gemoed,
want dit was die pyn van realityd van hulle almal af
terwyl hulle saam drink, eet, lieg en lag.

Dronknes gee hulle weer ‘n bietjie hoop en moed,
en al is dit ‘n valse gevoel dit proe fokken soet,
om net vir ‘n paar uur elke week daar langs die vuur
saam jou pêlle die wereld in sy moer te stuur.

Onthou:
Om the onthou moet jy eers 'n bietjie lewe,
dan wat by ons bly is dit wat ons nie kan vergeet of vergewe,
of dinge wat ons nog steeds binne laat bewe,
en ons herleef die kwaad, die wreed en die ontevrede!

Ander kere onthou ons liefde, genade en vrede,
en daardie lekker gevoel wat ons kry in sekere stede
waar ons geliefdes woon, werk en strewe,
en hulle eie onthou bou om later weer te belewe.

Hulle is my onthou, en ek is hulle sin,
en alles wat ons doen of nie,
word die onthou wat ons later sal herwin,
en dan maak dit skielik nuwe sin en skep die herinnering.

So wees versigting wat jy doen en sê,
want hierdie dinge vind plek in harte en lê,
net om eendag wakker te word en vinnig te blom,
en ons onthou en ons lag, ons huil, ons voel verstom,
dat sulke klein dingetjies so baie emosie kan vermom.


Boer:
Ploeg die grond en hardloop rond,
hanteer die werkers se blerrie stront
en knik en waai vir die buurman
al is hy ‘n regte fokken kont.

Tesame moet ons plant en bid,
want daar is fokkol tyd vir in die kerk sit.
Elke dag moet ons grawe en spit
want die lening by die bank vereis dit.

Hoor ons gebed liewe here, liewe god,
ons bewerk en plant die grond,
en al wat ons vra is ‘n bietjie rëen
sodat ons miskien eendag die plaas kan los vir ‘n seun.

Ons werk vroeg oggend to laat aand,
sewe dae elke week sonder kla of kreun.
Maar aan die einde van meeste maand
moet ons weer eens ‘n bietjie geld gaan leen.

Ploeg, bid, oneindige werk,
en gee altyd ‘n tiende vir die kerk.
O vader om ‘n boer te wees
vul ons partykeer met eislike vrees.

O here, o god, ons bid vir net een seën,
stuur asseblief die lewe gewende rëen.
Dit is nodig om die bank te kan terug betaal
en ook vir ons kinders se toekomstige verhaal.



Danville:
My ma se pa is my oupa se broer,
en my ouma is ‘n moerse vet koei
wat altyd met die buurvrou stoei,
en sy het al ‘n polisieman gemoer.

My oom rook boom en sal maar altyd droom
van die kaalgat meisies in sy Scope magazine.
My sussie is ‘n hoer en haar lewe is in sy moer,
en sy stoot almal in die dorp soos ‘n fokken naai masjien.

My sussie se pa en meine is vriende van hoërskool,
en my ma like hulle baie, want hulle is groot van voël.
Ek myself is op vakansie, in die tronk,
bleikbaar is ek ‘n resies kar drywer wanneer dronk!

Parool is om die draai, en wanneer ek uitkom
gaan ek die buurvrou se slet dogters naai, en dan lekker lag wanneer hulle dose juk en hulle wonder van wie dit kom en al wat hulle kan doen is raai!

Ai, ek het ‘n lekker familie en ons bly in ‘n lekker dorp.
Ander mense kyk en skud hulle kop en noem ons familie ‘n moerse fokop,
maar hulle weet fokol, absoluut boggerall,
van die lekker lewe in onse dorp,
met al die baklei, doos en dop!





2 responses to “Afrikaanse gedigte:”

  1. So beskrywend. Hoop ander Afrikaanse mense dien dit! Briljant!

    Liked by 1 person

  2. Love it!

    Liked by 1 person

Leave a reply to liebenbergsarie Cancel reply