Hoekom stink ‘n poep so sterk in die kerk,
en hoekom slaap ek die lekkerste by die werk?
Hoekom is ons so haastig om groot te word,
net om later te kla dit is sommer stront!
Hoekom is ‘n grap so vreeslik snaaks
wanneer vertel in ‘n klas of by ‘n begrafplaas?
Hoekom word tyd en gesond gemors deur die jonk,
dit maak die ligaam later in ons lewe net ‘n tronk!
Wat is die rede vir die vreeslike ontevrede
as ons die huidige vergelyk met die verlede?
Hoekom is ons lyf hier maar ons kop in môre se vuur,
waarom verloor ons vrede oor dinge nie in die hede!
Hoekom het ons meer onwis as insig,
en waarom sien almal die lewe in so ‘n verskillende lig?
Hoekom het ses letters, net soos wetter, donner en askies,
hoekom weet ek nie, en dit maak my net meer fokken vies.
Leave a comment